Wednesday, February 15, 2012

Ramsey


Oorsprong: Geselekteer deur T.V.Munson in Texas. Ramsey is moontlik ‘n natuurlike hybried tussen V. candicans and V. rupestris, en word soms verkeerdelik na verwys as Salt Creek. Die ware Salt Creek is ‘n seleksie van V. doaniana, ‘n naverwante spesie.

Spruitpunt: Half-oop, silwerwit, dikwels met karmosyn rande.

Jong blare: Witterig to blinkgroen; donsig tot naak.

Volwasse blare: Kleinerig tot gemiddelde grootte, sy-sinusse afwesig of swak ontwikkel, borselhare aan die onderkant, effens geplooi, blink en matig dik, tande kort en breed.

Blomme: Funksioneel vroulik.
Somerlote: Opvallend losserige hare kom veral op puntgedeeltes van lote voor.

Verbouing: ‘n Sterk-groeiende onderstok met baie goeie aalwurmbestandheid, baie goed droogtebestand weens ‘n diep wortelstelsel, goed bestand teen brak en kalk gronde, baie geskik vir gronde met lae vrugbaarheid en growwe tekstuur, nie geskik vir nat gronde, geskik vir warm tot baie warm areas waar hoë produksie vereis word vir die produksie van kommersiële wyne, ook geskik vir areas met hoë aalwurm populasies of wat vatbaar is vir droogte of brak, vertraag rypwording, het hoër kaluim opname en swakker kleur by rooi variëteite op hoë potensiaal gronde in alle areas.

No comments:

Post a Comment