Wednesday, February 15, 2012

Ramsey


Oorsprong: Geselekteer deur T.V.Munson in Texas. Ramsey is moontlik ‘n natuurlike hybried tussen V. candicans and V. rupestris, en word soms verkeerdelik na verwys as Salt Creek. Die ware Salt Creek is ‘n seleksie van V. doaniana, ‘n naverwante spesie.

Spruitpunt: Half-oop, silwerwit, dikwels met karmosyn rande.

Jong blare: Witterig to blinkgroen; donsig tot naak.

Volwasse blare: Kleinerig tot gemiddelde grootte, sy-sinusse afwesig of swak ontwikkel, borselhare aan die onderkant, effens geplooi, blink en matig dik, tande kort en breed.

Blomme: Funksioneel vroulik.
Somerlote: Opvallend losserige hare kom veral op puntgedeeltes van lote voor.

Verbouing: ‘n Sterk-groeiende onderstok met baie goeie aalwurmbestandheid, baie goed droogtebestand weens ‘n diep wortelstelsel, goed bestand teen brak en kalk gronde, baie geskik vir gronde met lae vrugbaarheid en growwe tekstuur, nie geskik vir nat gronde, geskik vir warm tot baie warm areas waar hoë produksie vereis word vir die produksie van kommersiële wyne, ook geskik vir areas met hoë aalwurm populasies of wat vatbaar is vir droogte of brak, vertraag rypwording, het hoër kaluim opname en swakker kleur by rooi variëteite op hoë potensiaal gronde in alle areas.

Tuesday, February 14, 2012

143 B Mgt


Origin: Cross between V. vinifera cv Ararnon and V. riparia by Professor Millardet and the Marquis de Grasset in 1882. Imported to South Africa in 1930.

Growing tip: Half open; slightly downy; pale green.

Young leaves: Light green, lower surface glabrous.

Leaf: Fairly large, surface smooth to slightly wavy; three lobed; petiolar sinus lyre shaped; lower surface glabrous, pubescent on veins, no sign of red, thin, paper like.

Flowers: Morphological hermaphrodite, physiological male; long, thin clusters with small black berries; small pips.

Shoot: Light to yellowish green, slightly ribbed, glabrous.

Cane: Smooth and glabrous, big buds; light brown to light gray in color.
Aptitudes: Budding very early, poorly adapted to high lime content soils, phylloxera resistance not sufficient, not allowed in Germany, well adapted to heavy wet soils with poor internal draining, poor affinity with some scion cultivars, nematode resistance not sufficient, propagate and graft easy, field grafting usually under average, very good drought resistance, good resistance against Phytophthora cinnamomi; reasonably resistant tot saline soils.

Richter 110


Oorsprong :Kruising tussen V berlandieri var Rességuier nr 2 en V rupestris var Martin. In 1889 deur Franz Richter in Frankryk gemaak.

Spruitpunt:Webbig behaard; groenerig met persrooi getinte rande.

Volwasse blare: Klein, niervormig; dik en leeragtig; fyn gebobbeld; bladsteelsinus oop U-vormig; onderste blaaroppervlakte heeltemal naak; klein, reëlmatige konvekse tande; bladstele donker persrooi en naak.

Blomme: Funksioneel manlik; altyd steriel en dus word nooit druiwe gedra nie.

Somerlote: Sterk geriffeld; apikale gedeeltes donker persrooi gekleurd; naak.

Winterlote: Geriffeld; naak; dowwe sjokolade tot gryserig bruin gekleurd; lang internodiums; klein, redelik breed, gespitste ogies.

Verbouing: 'n Matig tot sterk groeiende onderstok wat veral in die suide van Frankryk verbou word waar dit meer gewild as 99R is. Ook in Spanje en ltalië gewild; baie goed bestand teen filloksera; matig tot swak bestand teen aalwurm; goed bestand teen kalk; matig bestand teen brak; baie goed droogtebestand; vatbaar vir Phytophthora wortelverrotting; matig bestand teen nat; goeie entbaarheid met lug- en bankenting; goeie affiniteit met V vinifera; plantlote wortel maklik; baie goad aangepas op ‘n wye reeks grondtipes wat wissel van sw:aar klei tot sanderige leem.

99 RICHTER


Oorsprong: Kruising tussen V berlandieri var Las Sorres en V rupestris var du Lot. Deur F Richter in Frankryk gedurende 1889 gemaak.

Spruitpunt: Webbig behaard; vaalgroenerig tot persrooi; half geslote; driehoekig.

Jong blare: Persrooi-kopergroen, webbig tot donsig.

Volwasse blare: Klein, niervormig; groen tot liggroen; bladsteelsinus besonder wydoop liervormig — herinner aan Rupestris du Lot; dunnerig tot matig dik; glad tot effens gebobbeld; tande konveks en wyd; nerwe by bladsteelaanhegting persrooi; bladstele donker persrooi met kort, los, wollerige hare.

Blomme: Morfologies hermafrodiet, fisiologies manlik; enkele klein, swart korrels in hoogs uitsonderlike gevalle op baie sterk-groeiende stokke gedra.

Somerlote: Sterk geriffeld; naak; persgekleurde nodiums by die basis.

Winterlote: Geriffeld; baie lig donserig by die nodiums; gryserig bruin met longitudinale donkerbruin strepe; lang internodiums met nie-prominente nodiums.

Verbouing: ‘n Sterk-groelende onderstok wat met sukses in warmer wynboulande soos Portugal. Griekeland en Suid-Frankryk verbou word. Goed bestand teen kalk (17 % aktiewe kalk); matig bestand teen brak; baie goed bestand teen filloksera; matig tot goed bestand teen aalwurms; swak bestand teen nat; baie vatbaar vir Phytophthora wortelverrotting: redehik goed droogtebestand; baie goeie entbaarheid met bank- sowel as lugenting; uitstaande affiniteit met V vinifera; plantlote wortel baie maklik; goed aangepas op diep, goedgedreineerde gronde wat goed met vog voorsien is.