Gedurende 1958 -1964 het Prof. Orffer talle wyndruifkruisings gemaak en cultivar status is aan ses daarvan verleen, nl Chenel, Weldra, Roobernet, Therona, Grachen en Nouvelle. Hy het ook talle onderstok kruisings gemaak waarvan die bekendste
Wyndruifcultivars word vegetatief voortgeplant ten einde te verseker dat unieke eienskappe van ‘n cultivar behoue bly. Nuwe cultivars
Met die vrystelling van nuwe cultivars ontstaan daar dikwels twyfel oor die ouers van die cultivar. Tot redelik onlangs is die verwantskap tussen cultivars hoofsaaklik afgelei van blaar morfologie en die oorsprong van druifcultivars het tot heelwat spekulasie aanleiding gegee.
Die gebruik van PKR (Polimerasekettingreaksie) en mikro-satelliet merkers het druifcultivar identifikasie en ouer-analise gerevolusioniseer. Bowers en Meredith (1997) het daarin geslaag om die ouers van die klassieke
Die outeurs het ook getoon dat die beroemde Rhône vallei cultivar, Shiraz, die nageslag is van Dureza van Ardéche en Mondeuse Blanche van Savoy in Suid-oos Frankryk. Dit weerlê die vroeëre beweringe dat
Die ouers van baie cultivars sal waarskynlik nooit bepaal
In Suid-Afrika was die kennis insake die genetika van die druifstok in die verlede baie beperk. By kruisings en hul ouers is veral aandag gegee aan die besonderhede van blare, trosse en wyn. So is by Pinotage vrae gestel oor die geurvolle donker gekleurde wyne, terwyl geeneen van die ouers, naamlik Cinsaut en Pinot noir oor sulke eienskappe beskik nie. Die ouers van Pinotage is in 2007 wel bevestig met PKR analise deur ENTAV(Etablissement National Technique pour l'Amélioration de la Viticulture), Frankryk.
Die plaaslik suksesvolle kruisings, Pinotage, Chenel, Weldra, Therona, Nouvelle en Roobernet is ontwikkel uit kruisingswerk wat in die oopte in wingerde gedoen is en nie onder beheerde toestande in glashuise nie.
Die oogmerk van die Die Departement Wingerd- en Wynkunde was nie genetiese navorsing nie, maar om jaarliks redelike groot populasies van kruising saailinge te vestig met die mikpunt van ongeveer 1000 per jaar. Dit is op kleinskaal deur Prof Orffer in 1949 begin met ‘n twee jaar onderbrekening tydens doktorale studie aan die Universiteit van Kalifornië. Die werk is voorgesit tot sy aftrede aan die einde van 1986.
Uit bogenoemde kriteria moes Pinotage na regte uitgeskakel gewees het uit ‘n verbouings oogpunt. Op Welgevallen is in jare met sterk suidoos uiters lae opbrengste verkry weens die afwaai van lote.
Soos by Pinotage was daar ook twyfel oor die ouers van Therona, Nouvelle en Roobernet. Therona is ‘n kruising van Cape Riesling (Crouchen blanc) en Chenin blanc maar dit is nog nie bevestig met PKR nie. By Nouvelle is die bladsteelsinus betreklik oop wat moontlik op Sémillon kan dui. Aan die ander kant is daar blaar en korrel besonderhede wat wel op Ugni blanc dui. Aanvanklik is gereken dat die ouers van Nouvelle Sémillon en
Pontak
Die ouers van Roobernet is aanvanklik aangedui as Cabernet Sauvignon en Pontak. Daar was egter aanduidings dat Pontak moontlik nie een van die ouers is nie. Weens die gewildheid van die ou Constantia wyne is baie kruisings met Cabernet Sauvignon en Pontak oor etlike jare gemaak. Weens die laer wyngehalte van Alicante Bouschet is dit nooit as kruisingouer gebruik nie.
Na 20 jaar van waarneming het Roobernet die beste van alle gekleurde sap kruisings uitgestaan met produksie en groeikrag wat dikwels die van Cabernet Sauvignon oortref het. Morfologies wys die blare van Roobernet bitter min van Alicante Bouschet en word dit dikwels met Cabernet Sauvignon verwar. Die groot trosse en hoë produksie dui egter op Alicante Bouschet. Die ouers van Roobernet is in 2007 deur ENTAV bevestig as Cabernet Sauvignon en Alicante Bouschet. Stuifmeel van Alicante Bouschet moes dus skelm ingesluip het.
Die beheerde maak van kruisings is redelik nuut. Aanduidings is dat Bouschet in Frankryk die eerste kruisings gedoen het met Aramon en Teinturer (Pontak).
Die veredeling van die druif is waarskynlik gekoppel aan die ontdekking van wyn. Gedurende die verdelingsproses het die biologie van die druif merkwaardige veranderinge ondergaan om hoër suikergehalte te lewer vir beter gisting en hoër en meer konstante produksie. Deurslaggewend vir die proses was die verandering in korrel- en trosgroottes en die verandering van wilde, eenslagtige plante tot tweeslagtige, verboude plante. Dit is onbekend of die veranderinge oor ‘n lang tydperk deur seksuele kruisings en natuurlike of menslike seleksies of vinnig deur mutasies, seleksies en vegetatiewe voortplanting plaasgevind het (This et al., 2006).
Literatuur