Thursday, May 30, 2013

SO4



Oorsprong
Seleksie te Oppenheim, Duitsland uit Teleki se  Berlandieri-riparia No. 4

Blare
Bladsteelsinus nou V-vormig op jong blare tot oop U-vormig op ouer blare
Blare cuneivormig (skildvormig) en swak drielobbig
Tande klein en konveks, L1 en L2 tande opvallend lank
Onderkant  naak met  borselhare op nerwe
Bokant  effens bebobbeld

Verbouing:
  • Groeikrag: Gemiddeld tot sterk.
  • Effek op vrug set: In Frankryk veroorsaak sterk groei swakker set.
  • Effek op rypwording: vertraag rypwording volgens Franse literatuur.
  • Gronde: Vlak wortelstelsel. Verdraagsaam teenoor hoë vlakke van kalk 
  • en vertoon bevredigend op suur gronde. Goed aangepas op ‘n wye reeks 
  • gronde, maar vaar die beste op ligte, goed gedreineerde gronde met lae 
  • vrugbaarheid. Dit is geskik vir sanderige gronde maar word nie aanbeveel 
  • vir baie droë toestande nie.
  • Siektes en plae: Baie hoë filloksera bestandheid en bestand teen 
  • knopwortelaalwurm. In Frankryk lei die sterk groeikrag tot die ontwikkeling 
  • van Botrytis in die laat somer. Varietëite met hoë magnesium behoefte moet
  •  nie op SO4 geënt word nie aangesien magnesium tekort simptome wys en 
  • blom nekrose voorkom.
  • Ent: wortel goed maar resultate met bankenting is soms teleurstellend