Wednesday, April 30, 2014

Vititec clones available 2014

Pinotage vroeë geskiedenis

Prof AI Perold (1880 - 1941) het Hermitage (pitouer) met Pinot fin (stuifmeetouer) in 1924 gekruis.

Die pitte is in 1925 in die blomtuin van die huis langs die Welgevallen kelder geplant, waar die saailinge saam met die ander kruisings tydens 1926 en '27 gegroei het.

 Perold het in die begin van 1928 'n spesiale pos by die KWV Paarl aanvaar en die huis is ontruim.


Dr C J G Niehaus het in 1928 die vernietiging van die saailinge verhoed. Die saailinge is daarna deur Prof C J Theron in 'n kwekery te Elsenburg geplant. Sedert 1934 is die vier beste saailinge op Welgevallen op Richter 99 en 57 verkloon. Die verdere vermeerderings en seleksie werk is ook deur Theron gedoen.

Drie van die saailinge was weens lae opbrengste vir die bedryf onaanvaarbaar. Die name Herminot en Pinotage is deur Proff Perold en Theron bespreek en aan die naam Pinotage is voorkeur gegee vir die belowendste saailing. Verdere vermeerderings is te Welgevallen en later te Elsenburg gedoen, waar ondermeer bosstokverbouing met oplei vergelyk was; en ook met Pinot noir,

Gamay noir en Hermitage. Pinotage het buitengewoon goed vertoon met sterk groeikrag, goeie opbrengs, gesonde stokke, vroeë rypwording met goeie suur en suikergehaltes. Die eerste Pinotage wyne is in die Welgevallen kelder berei deur Prof Theron en later te Elsenburg deur mnr C T de Waal. Dit was 'n groot verrassing dat die kleur en algemene wynkwaliteit die van die ouers oortref het.

Aanplantings op plase is gedoen te Muratie van mnr Canitz; Bellevue, P K Morkel; Kanonkop, Minister P O Sauer. Sensioneel toe in 1959 en 1961 die Groot Kampoeinskap op die Kaapse Skou toegeken was aan Bellevue - en Kanonkop Pinotage respektiewelik. Die eerste wyn met ‘n Pinotage etiket was Stellenbosch Boere Wvn Maatskappy se 1961 Lanzerac Pinotage met die bekroonde Morkel Pintage van die 1959 wynoes jaar.

*Uit persoonlike dokument van wyle Prof CJ Orffer